High Street Auctions het on langs van Rosebank na ‘n nuwe vierster Green Star gegradeerde kantoorpark in Bryanston ver huis.
Die afslaer se die skuif na die Knightsbridge Office Park toe is ‘n wen-wen situasie, waar ‘n prima ligging gekombineer word met ‘n groenontwikkeling, die nuutste suksesverhaal as dit by moderne kantoorruimte kom.
Knightsbridge het ‘n sentrale park, waar geboue tussen ‘n stedelike woud geplaas is met hard looproetes en ontspanningsruimtes. Reenwater word vir besproeiing gebruik en die geboue is toe gerus met hiper-moderne hulpbron-doeltreffende meganiese en elektriese stelsels. Elke gebou is ook van ‘n dak tuin voorsien.
Joff van Reenen, High Street Auctions se hoofafslaer en ‘n direkteur van die groep, se die menslike faktor was ‘n noemenswaardige oorweging in die her vestiging van die hoofkantoor na Knightsbridge.
“Tientalle studies het gewys dat `groen’ geboue ‘n beduidende impak het op die gesondheid en welsyn van die mense wat in hulle werk.”
Hy se navorsing wat die afge lope twee jaar deur die Harvard Universiteit onderneem is, het getoon dat personeel in “groen” geboue 30% minder dae siek was en ‘n 6% verbetering in hul slaappatrone gehad het.
Volgens Dorah Modise, uitvoerende hoof van die Suid Afrikaanse Raad vir Groenbou GBCSA , gaan 61% van die bou projekte in die land vanjaar groen wees. Dit is meer as dubbeld die verwagte globale gemiddelde van 37%.
- First published in Beeld on 27 July 2018